Deur Garnett Wicomb
DIE saak teen ’n Chinese man wat van sameswering tot moord aangekla word, is verlede week in die Oudtshoorn Streekhof vir slotbetoë en uitspraak uitgestel.
Die verhoor van Gaushun Gao (40) wat al langer as twee jaar in aanhouding is, is deur streeklanddros Mark van Wyngaardt tot 7 November uitgestel met uitspraak waarskynlik op 8 November.
Die verdediging het aangedui dat die beskuldigde nie geroep sal word om in die saak te getuig nie.
Gao word aangekla dat hy twee mans van Pacaltsdorp R10 000 aangebied het om die eienaar van Bagley’s Nagklub op Oudtshoorn, Julia Bagley, te vermoor.
’n Art 174-ontslagaansoek van Gao se regsverteenwoordiger, Daan Derksen van Knysna, is vroeër deur die hof geweier omdat die landdros van mening is dat getuienis wat voor die hof gedien het, wel daarop gedui het dat daar ’n sameswering was om ’n misdaad te pleeg tussen Gao en die staat se hoofgetuie, Eugene Viljoen.
↧
Gao hoor eersdaags
↧