Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Verkragtingsaak: Aansoek om paspoort teruggetrek

$
0
0

Deur Liesel le Roux
DIE verkragtingsaak teen ’n 53-jarige man van Oudtshoorn is verlede Donderdag in die Distriks-hof op Oudtshoorn uitgestel tot 1 Desember.
Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy in die hof gepleit het nie, is tans uit op borgtog van R10 000.
Die voorvalle waaruit die klagtes spruit, het na bewering tussen 17 November 2014 en 7 April 2016 plaasgevind, van dit na bewering by die be­skul­digde se huis. Die klaer in die saak is ’n 32-jarige vrou wat na bewering saam met die man gewerk het.
Die beskuldigde se regsverteen­woor­diger, Christo van der Bergh, het ook intussen ’n aansoek teruggetrek waarin die hof gevra is dat sy kliënt die land vir twee weke mag verlaat vir ’n vergadering in die buiteland, aangesien die vergadering na 2017 uitgestel is. Volgens Van der Bergh sal ’n nuwe aansoek op ’n later datum voor die hof gebring word sodra die nuwe datum beskikbaar is.
Die beskuldigde wat ’n prominente bestuursposisie by sy werk beklee, moes sy paspoort as deel van sy borgvoorwaardes by die hof inhandig en mag nie die distrik verlaat sonder om die ondersoekbeampte in die saak  in kennis te stel nie.
Die man ontken volgens ’n beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is, dat hy skuldig is aan die klagtes.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434