Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Man vasgetrek met gesteelde vuurwapen in sy besit

$
0
0

police-hand-cuffs-with-chain_318-44207

’N MAN, vermoedelik van Gauteng, is Vrydagaand by Rainbow Motors, die Engen Garage by die uitgang van Oudtshoorn na George, vasgetrek met ’n onwettige vuurwapen in sy besit.

Die vuurwapen is in 2013 as gesteel aangemeld in KwaZulu Natal.

Volgens kapt Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het lede van die Polisie se Honde-eenheid wat op patrollie was, drie mans in Die Naguil opgemerk wat baie verdag opgetree het toe hulle die polisievoertuig gewaar het. Die Naguil is by Rainbow Motors geleë.

’n 9 mm-pistool en ’n magasyn met rondtes is by die een persoon gevind en daar is vasgestel dat hy nie die wettige lisensiehouer is nie. Die 32-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen.

Een van die ander mans is ook in hegtenis geneem vir die besit van dwelms nadat 13 gram dagga by hom gevind is.

Die twee mans het Maandag in die Oudtshoorn Landdroshof verskyn.

The post Man vasgetrek met gesteelde vuurwapen in sy besit appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434