Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

De Krans se Tritonia Red en Tritonia White maak opslae

$
0
0
Vuyo Lee, hoof van bemarking Old Mutual (links) en De Krans se wynmaker, Louis van der Riet.  Foto verskaf

Vuyo Lee, hoof van bemarking Old Mutual (links) en De Krans se wynmaker, Louis van der Riet. Foto verskaf

DIE De Krans Wynkelder van Calitzdorp het by die onlangse Old Mutual Trophy Wine Show weggeloop met die trofee vir die beste rooi versnit op die skou. De Krans het dié trofee verower met sy vlagskipwyn, die De Krans Tritonia Red 2015, ’n versnit van touriga naçional, tinta roriz, tinta barocca en tinta amarela.

Die Old Mutual Trophy Wine Show is beoordeel deur ’n paneel wat bestaan het uit ’n keur van ervare plaaslike en internasionale wynkenners. Hulle het 960 wyne van 198 produsente onder die ver­grootglas geplaas.

De Krans was een van die top 10-produsente by die skou. Sy Cape Vintage Reserve 2014 en Tritonia White 2015 is met silwer medaljes bekroon en die Touriga Naçional 2015 met ’n brons medalje.
Dié toekennings volg op die hakke van dubbelgoud wat die De Krans Tritonia Red 2015 op die National Wine Challenge/Top 100 SA Wines ontvang het.

De Krans se wynmaker, Louis van der Riet, beskryf hierdie vlagskipwyn met sy robynrooi kleur as vol komplekse aromas van viooltjies, naeltjies en rooi vrugte in die neus en wat puik kombineer met volstruis- en wildsvleisgeregte, asook geroosterde lamsboud.

De Krans se Cape Vintage Reserve 2014 en De Krans Touriga Nacional 2015 was ook onder die top 100-wyne en is met dubbelplatinum-toekennings bekroon, terwyl die Grand Cru aangewys is as die beste in sy klas in Suid-Afrika en die en Tritonia Calitzdorp Blend 2015 dubbelgoud gewen het. Die Top 100 SA Wines word beskou as die vernaamste kompetisie vir uitsonderlike Suid-Afri­kaanse wyn. Dit is ook in die buiteland bekend as een van die belangrikste kompetisies vir uitsonderlike wyne en is daarop gemik om wenwyne te identifiseer op grond van kultivar en versnit, met medaljes vir die wyne met die hoogste tellings.

• In nog ’n prestasie vir De Krans het die geres­pekteerde wynskrywer, Neal Martin, die De Krans Tritonia White 2015 vereer met ’n telling van 90 uit ’n moontlike 100 punte in sy South African Report wat pas gepubliseer is.

Volgens Boets Nel, besturende direkteur van De Krans, is dit waarskynlik die eerste witwyn uit hier­die wynstreek wat ’n telling van 90 of meer punte in die Robert Parker-publikasie ontvang het.
Die Tritonia White is ’n versnit van die Portugese kultivars malvasia rei (palomino) en vel­delho en is in houtvate gegis.

The post De Krans se Tritonia Red en Tritonia White maak opslae appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434