
Stop en go De Rust
DIE pad tussen Oudtshoorn en De Rust wat tans grootliks herbou word, sal van volgende Maandag (19 Junie) 24 uur van die dag gesluit wees met verkeer wat deur ’n stop/ry-stelsel beheer sal word.
Volgens Gerard Peters, die terreinbestuurder, is die pad tans van saans tot 07:00 soggens oop, waarna keëls uitgeplaas word en die pad om 07:30 weer open vir verkeer met ’n stop/ry-stelsel.
“Sekere dele van die pad sal die volgende 18 maande daagliks 24 uur lank gesluit wees, en daarom sal padgebruikers vroeër moet vertrek om hul bestemmings betyds te bereik.
The post De Rust-pad van Maandag 24 uur toe appeared first on DieHoorn.