• Tiksaak van R3,6miljoen
Ilze-Mari Gündling
DIE Nigeriër wat met R3,6 miljoen se tik op die George-pad net buite Oudtshoorn deur die polisie betrap is, se borgaansoek is Dinsdag in die Oudtshoorn Landdroshof uitgestel tot 11 Augustus 2017.
’n Motor waarin Samuel Orama ’n passasier was, is op 8 Mei vanjaar deur die polisie voorgekeer en deursoek.
Die dwelms is in ’n rooi sak, wat aan Orama behoort, gevind.
Die staatsaanklaer, Vandana Premchand, het versoek dat Orama se borgaansoek weer uitgestel word.
Hy bly intussen in aanhouding.
The post Nigeriër: aansoek vir borg uitgestel appeared first on DieHoorn.