Smulpaaptoekennings
Deur Liesel le Roux
DIE name van die Klein Karoo-eetplekke wat Smulpaaptoekennings vir 2017 losgeslaan het, sal eersdaags bekend gemaak word. Die toekennings bekroon jaarliks restaurante wat deur die jaar deur ’n aantal anonieme eters besoek is en deur hulle aangewys word as die Klein Karoo se bestes.
Volgens die glanskok Francois Ferreira, wat die toekennings in 2012 saam met die koskenner Ann Hadley geïnisieer het, sal die toekennings soos voorheen tydens ’n spesiale funksie aan die wenners oorhandig word. Eetplekke van De Rust, Oudtshoorn, Calitzdorp, Ladismith, Barrydale en Montagu word vir die Smulpaaptoekennings beoordeel.
The post Wenners eersdaags bekend appeared first on DieHoorn.