Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Al brug oor dié troebel water

$
0
0
Deur Liesel le Roux

Deur Liesel le Roux

Dit is belangrik én noodsaaklik dat inwoners hul op hoogte bring van die watersituasie op Oudtshoorn en waar­om die water troebel is. Iemand wat ingelig is, weet ook hoe om op iets te reageer en proaktief op te tree.

Niks nuut nie
Dit is nie die eerste keer dat die dorp se drinkwater bruin of troebel is nie. Omdat Oudtshoorn nie ’n watersui­weringsaanleg het nie, word die dorp se water al jare lank bruin as harde reën in die Raubenheimerdam se opvangsgebied val. Die Hoorn be­rig al die jare nog daaroor. Ná die massie­we veldbrand van Desember 2016 is die uitwerking van reën daar net veel erger. Oudtshoorn het met dieselfde probleem geworstel ná stortreën met die KKNK verlede jaar.

Nie ’n kitsoplossing
Daar is geen towerstaf waarmee troebel water ná stortreën by die Rau­benheimer­dam weggewens kan word nie. Sodra plantegroei om die dam herstel, sal minder modder en organiese stowwe in die dam beland. Die langtermynop­lossing is egter na ons mening ’n watersuiweringsaanleg.

Dit is egter nie ’n kitsplan nie, sal miljoene rande kos en waar­skynlik oor jare ingefaseer moet word. Intussen is die enigste brug oor dié troebel water maar om dit te kook…

Twee redes vir waterprobleme
Dit is ook belangrik dat inwoners moet verstaan daar was vandees-maand twee verskillende waterpro-bleme op die dorp. Baie inwoners besef dit blykbaar nie en verwar die twee probleme. Troebelheid vandeesweek is die gevolg van harde reën op 14 Febraurie. Voor dit egter het watertoetse ge­toon dat daar Ecoli in een van die reservoirs kon gewees het – ’n vrees wat ge­lukkig ongegrond was.

The post Al brug oor dié troebel water appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434