HOE onderskei ons geheueverlies wat gepaard gaan met normale verourdering en geheueverlies waaroor ’n mens bekommerd moet wees?
Dit is een van die onderwerpe waaroor Anita Lombaard, ’n direkteur van die Excellentis Geheuekliniek op George – ’n mediese navorsingskliniek – volgende Woensdag (28 Februarie) om 10:00 by die Caves Aftree-oord gaan praat. Almal is welkom by die praatjie oor navorsing van die kliniek – soos mense gemoeid met bejaardesorg, of diegene wat agterkom hul geheue is nie meer wat dit was nie, of kinders wat bekommerd is oor hul ouers.
Vir meer inligting, kontak Bets Wilkinson (044 272 0883 of 083 419 4602).
The post Praatjie oor werk van geheuekliniek appeared first on DieHoorn.