Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Massiewe skade toe hael tabaklande slaan

$
0
0

• 100 000 kg tabak in Matjiesrivier loop onder hael deur 

Die nagevolge van ’n haelbui wat verlede Woensdag in Matjiesrivier uitgesak het.  Foto verskaf

Die nagevolge van ’n haelbui wat verlede Woensdag in Matjiesrivier uitgesak het. Foto verskaf

Deur Ilze-Mari Gründling
’N HEWIGE reenbui en hael wat verlede Woensdagaand (14 Februarie) in Matjiesrivier geval het, het groot skade aan die tabaklande by De Hoek aangerig.

Volgens Janno Koen, landboukundige van Universal Leaf South Africa (ULSA), het sowat 100 000 kg tabak onder die hael deurgeloop en skade van sowat R3,5 miljoen aangerig.

Sowat 29 hektaar tabak op 13 produsente se plase word hierdeur geraak.

Koen sê sommige produsente het haelverseke­ring en sal insetkoste en ’n gedeelte van die wins kan herwin, maar sal die inkomste wat moes rea­liseer, nie verhaal kan word nie.

“Vir die res sonder versekering sal dit ’n massiewe finansiële impak hê.

“Die produsente en werkers is almal afhanklik van ’n suksesvolle oes. Skade soos dié word nie in een of twee seisoene herwin nie en dit sal ’n hele aantal seisoene neem om van hierdie verlies te herstel,” sê hy.

Koen sê dit is te laat in die seisoen om enige verliesbeheer toe te pas.

“Daar is nie veel wat die produsente kan doen aan die situasie nie. Al wat ons – ek en die produsente – kan doen, is om moed bymekaar te skraap en te wag vir die volgende seisoen,” sê hy. “Jy weet jou beste jaar op die plaas is altyd die volgende jaar.”

The post Massiewe skade toe hael tabaklande slaan appeared first on DieHoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434