HOE erg was die Groot Griep van 1918 op Oudtshoorn? Die antwoord is dat dié epidemie wat in 1918 onder die wêreld se bevolking gemaai het, ook baie inwoners van Oudtshoorn geëis het.
Dit is nou 100 jaar later en inwoners kan gaan luister na ’n interessante praatjie hieroor op Donderdagaand, 10 Mei, by die Dorpshuis Museum in Hoogstraat.
Dr Okkie Stander van George, wat verlede jaar sy doktorsgraad verwerf het oor die armblanke-vraagstuk in die Klein Karoo-streek, is die spreker.
Foto’s van daardie tydperk sal ook te sien wees.
“Ons hoop mense sal ook kom vertel hoe die Groot Griep hul ouers of grootouers geaffekteer het,” sê Hazel Jonker van die
Vriende van die C P Nel Museum wat die geleentheid aanbied.
Die geleentheid begin om 17:30 vir 18:00. Tee, koffie en ligte verversings sal bedien word.
Almal is welkom. Die geleentheid is gratis. ’n Vrywillige klein donasie sal verwelkom word.
Kontak Alta le Roux by tel 044 272 3676 vir enige navrae.
The post Groot Griep van 1918 appeared first on DieHoorn.