OUDTSHOORN se vorige stasiebevelvoerder, brig Levona Januari, is Sondag (6 September 2020) omstreeks 16:00 in Kaapstad oorlede.
Sy is op 12 Julie in die hoësorgafdeling van die Mediclinic Panorama in Kaapstad opgeneem nadat sy met Covid-19 gediagnoseer is.
Hoewel Januari herstel het van Covid-19, het van haar organe ingegee.
Januari het einde Maart afgetree na 38 jaar in die polisiediens – ’n aftrede waarna sy baie uitgesien het, onder meer om meer tyd saam met haar kinders en kleinkinders te kon deurbring. Januari, wat getroud was met Kenneth (Kenny) Januari, het na haar aftrede teruggekeer Kaap toe.
Onder haar leiding is die Oudtshoorn SAPD in 2018 by die jaarlikse Wes-Kaapse Prestasietoekennings aangewys as die Landelike Polisiekantoor van die Jaar.
Huldeblyke vir haar het vandeesweek ingestroom na verskeie Facebook-bladsye.
“Wat ’n fenomenale, Godvresende vrou was sy. Sy was vir baie ’n moeder in Oudtshoorn en vandag huil ons omdat sy so baie liefde gedeel het,” skryf Shumelia Lewis.
“Today I bring tribute to one of my mentors, one of the first female officers in the SAPS. You were such a precise commander… A beautiful soul. I have never seen someone who fought so hard for her life. A twice cancer survivor. Really a woman of tremendous strength,” skryf Devina Rossouw-Rance. (Deur Liesel le Roux)
The post Brig Januari sterf na Covid-diagnose appeared first on Die Hoorn.