Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Kom help met dié groot skoonmaak-aksie

$
0
0

MILJOENE mense in altesaam 150 lande wêreldwyd sal op 18 September vanjaar deelneem aan Internasionale Kusopruimingsdag, en al het Oudtshoorn nie ’n kuslyn nie, het ons die Grobbelaarsrivier.

Trapsuutjies Projekte bied vanjaar die geleentheid in Oudsthoorn aan, en hulle nooi almal, oud en jonk, uit om hieraan deel te neem.
Skoonmaaksessies sal op 16 September by die Hoërskool Môrester plaasvind, en op 18 September by die Grobbelaars­rivier agter Steers (beide kere van 10:00 tot 12:00).

Oudtshoorniete word gevra om op groot skaal te kom hand bysit met dié skoonmaakprojek.

Diegene wat wil help, kan Trap­suutjies Projekte se Facebook-blad besoek vir verdere besonderhede. Kontak andersins vir Samantha of Philippa by 065 801 4810 of stuur ’n e-pos na pzeldav@gmail.com of carolinel756@gmail.com.

Covid-regulasies moet nagekom word. Handskoene en vullissakke sal voorsien word.

The post Kom help met dié groot skoonmaak-aksie appeared first on Die Hoorn.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434