Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Absa KKNK wéér die gewildste!

$
0
0
Rhode met KKNKtoekenning

Rhodé Snyman, waarnemende uitvoerende hoof van die Absa KKNK, met die fees se toekenning tydens die Fiëstas verlede Donderdag in Pretoria.

DIE Absa KKNK is Donderdagaand, 13 Februarie, die tweede agtereenvolgende jaar met die Fiësta-toekenning as die gewildste fees in Suid-Afrika bekroon.

Rhodé Snyman, waarnemende uitvoerende hoof van die Absa KKNK, was tydens die Fiësta-toekenningsgeleentheid ooglopend opgewonde oor dié eer in die jaar wat die KKNK sy 20ste verjaarsdag vier. Sy het tydens haar toespraak haar span en die inwoners van Oudtshoorn bedank en Suid-Afrikaners uitgenooi om vanjaar saam te kom fees vier.

Verskeie produksies wat met Fiësta-toekennings bekroon is, sal by vanjaar se 20ste Absa KKNK te sien wees, soos Land van skedels, Macbeth.slapeloos, en die dansproduksie Plastiek.

Volgens Snyman is dit vir die Absa KKNK ’n eer om die tweede keer deur die publiek aangewys te word as gewildste fees. “Oudtshoorn is al vanaf die Nuwejaar hard aan die woel en regmaak vir die groot 20-jaar-viering. Hierdie toekenning beteken vir die feesbestuur, Absa en inwoners van Oudtshoorn baie. Besoekers kan met sekerheid bespreek vir ’n fees met ’n propvol program van die beste Suid-Afrikaanse vermaak teen die unieke Karoolandskap wat geen gelyke ken nie,” het sy gesê.

• Vanjaar se Absa KKNK vind vanaf 29 Maart tot 5 April op Oudtshoorn plaas. Die program is beskikbaar by www.absakknk. co.za en kaartjies by Computicket of Shoprite/Checkers.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434