DIE Oudtshoorn Polisie ondersoek ’n klagte van moord nadat ’n 32-jarige man verlede Dinsdag (4 Maart) na bewering deur sy pa in Zolastraat doodgesteek is. André Pietersen het op die toneel gesterf.
Volgens sers Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn Polisie, het die oorledene en sy pa oor kos gestry, waarna die verdagte die oorledene met ’n mes in die nek gesteek het. Die voorval het omstreeks 14:00 plaasgevind.
Die 52-jarige verdagte verskyn op 19 Maart in die Oudtshoorn Landdroshof vir ’n borgaansoek.