Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Verdagte vas ná mes-moord

$
0
0

Die polisie het Maandag vir mnr Rolan Moos van Bridgton in van hegtenis geneem vir die moord op me Johanna Swarts (32).

Swarts, wat by die Queen’s Apteek in die Queen’s Mall gewerk het, is oor die Paasnaweek drie keer met ’n mes gesteek en verlede week in die waakeenheid van die George Hospitaal oorlede.

Sy is twee keer in die maag en een keer agter haar linkerskouer gesteek.

Moos kom vandag in die Oudtshoorn Landdroshof voor vir ’n bortogaansoek.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444