’N VOORMALIGE prokureur van Oudtshoorn, mnr Elmar van Tonder, wat tans op Oudtshoorn tereg staan op klagtes van diefstal en bedrog, moet op 1 Oktober in ’n streekhof op Wynberg of Worcester verskyn.
Landdros JH Beyl het die saak na een van dié twee howe verwys ter wille van ’n getuie wat gesondheidsprobleme het en in die Kaap woon.
Van Tonder word aangekla van die diefstal van trustgeld van sowat R536 890 van sy kliënte. Hy word ook aangekla van bedrog in ’n aansoek vir oorbruggingsfinansiering.