Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Saak teen munisipale kassier wag nog ’n maand

$
0
0

Deur Garnett Wicomb

UITSPRAAK in die diefstalsaak teen ’n voormalige kassier by die Oudts­hoorn Munisipaliteit  is verlede  Vrydagoggend  in die Oudtshoorn streekhof vir nog ’n maand uitgestel.

Die 28-jarige Carol Ann Lewis van Dysselsdorp word daarvan aangekla dat sy tussen 28 Augustus  en 30 Oktober 2010 R152 076 van die munisipaliteit gesteel het terwyl sy in beheer was van geld wat betaal is vir water, elektrisiteit en ander dienste.

Sy ontken skuld op die aanklag. Streeklanddros JC Nortje het die saak tot 7 November 2014 uitgestel omdat hy nog nie gereed was om uitspraak te lewer nie.

Mnr Corné Pretorius verskyn vir die staat en me Cindy Smith in opdrag van die regshulpraad namens Lewis.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434