Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Koning van konsertina hier begrawe

$
0
0
Kobus Fourie

Kobus Fourie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

’N BOORLING van Oudtshoorn wat in boeremusiekkringe as een van Suid-Afrika se top-konsertinaspelers en as ’n begaafde komponis erken is, word môre op die dorp begrawe.
Kobus Fourie (52) is op Vrydag, 9 Ja­nuarie, in Johannesburg oorlede nadat hy ’n geruime tyd teen kanker gestry het.
Hy was ’n bekende gesig by boeremusiekkompetisies waar hy meermale vir sy spel en komposisies bekroon is. Hy is dikwels oor die radio gehoor en op TV gesien. Volgens sy skoonsuster, Karen Fourie, is vier CD’s met sy musiek tydens sy lewe uitgereik, met ’n vyfde wat in die pyplyn is.

Dié oud-Struisie wat by Transnet ge­werk het, kom uit ’n musikale familie. Hy is die seun van Koot en Annelien Fourie van Oudtshoorn. Sy broers Eugene (Karen se eggenoot) en André woon ook op Oudtshoorn.

Hy was nie getroud nie.
Fourie het sy regterbeen in 1983 verloor tydens die Grensoorlog.
• Hy word môre (Vrydag) om 10:00 uit die NG Kerk Oudtshoorn-Suid op Oudts­hoorn begrawe.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444