Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Oudtshoorn groet oud-raadslid Chris Stemmet

$
0
0

 

Kersies brand vir Chris Stemmet by sy roudiens op Oudtshoorn.

Kersies brand vir Chris Stemmet by sy roudiens op Oudtshoorn.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deur Higgo Jacobs
’N BEKENDE inwoner van Oudtshoorn en oud-raadslid, Chris Stemmet (68), is Saterdagoggend, 3 Januarie, omstreeks 05:50 oorlede nadat hy geruime tyd siek was.
Stemmet wat aan ’n vorm van spiersklerose gely het, het die laaste jare verskeie hartaanvalle oorleef.
Sy toestand het die aand voor sy dood verswak en hy is na die Oudtshoorn MediClinic gehaas. Sy hele gesin was by sy sterfbed; ook sy moeder, Mathilda Stemmet, wat die nag saam met familie uit die Strand na Oudtshoorn gery het om by sy sterfbed te wees.
Stemmet se roudiens op Woensdag, 7 Januarie, is deur ’n groot aantal vriende, familie en ander inwoners met wie sy pad oor die jare gekruis het, bygewoon.
Hy was skoolhoof van die Laerskool Knoll in die Lang­kloof vanaf 1985 tot en met die sluiting van die skool in 1992. Daarna het hy en sy vrou, Marlene, na Oudtshoorn verhuis waar hulle ’n gastehuis bedryf het. Hy het ook tot die plaaslike politiek toegetree en het die DA in Oudtshoorn se munisipale raad tot aan die einde van 2010 verteenwoordig.
Volgens Marlene was sy en Chris nooit bang om voluit te lewe nie en het hulle saam dinge gedoen waarvoor die meeste mense te bang is.
“We as a couple lived dangerously at the edge of life, but we lived our lives!” het sy die motto van hulle lewe saam saamgevat.
Stemmet sal veral onthou word vir sy skerp humorsin, sy wye belangstelling in veral sport en musiek en sy groot liefde vir sy kinders, Tiaan, Esti-Mari, Jacques en Charl, asook sy drie kleinkinders.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444