Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Besigheidsliga begin groot

$
0
0
Rolbal Ferdie Colyn

Ferdie Colyn van die Laerskool Wesbank Woensdagaand (28 Januarie) in aksie tydens Oudtshoorn Rolbalklub se besigheidsliga wat nog tot 7 Maart duur. Altesaam 40 spanne ding mee om gesogte pryse.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deur Higgo Jacobs
DIE Oudtshoorn Rolbalklub se besigheidsliga het verlede Woensdag (28 Januarie) op ’n hoë noot afgeskop met 160 spelers (40 spanne) wat kom inskryf het.
Die 40 spanne wat almal besighede op Oudtshoorn verteenwoordig, gaan tot 7 Maart sake uitspook. Die span met die hoogste puntetotaal aan die einde van die liga is die wenners.
Volgens Alwyn Koegelenberg, een van die organiseerders van die liga, is daar 250 hamburgers voorberei, maar dit was te min. Elke speler wat deelneem ontvang elke Woensdagaand ’n gratis hamburger. Die gesellige atmosfeer op en langs die bane was opvallend. Daar word selfs vir die kinders voorsiening gemaak in die vorm van springkastele wat langs die baan opgerig word.
Ná Woensdagaand se eerste ronde is daar sewe spanne in die gesamentlike eerste plek met 4 punte elk, naamlik die Oudtshoorn munisipaliteit, Welbedaght, Oudtshoorn Gras­snyers, Rancho Las Plumas B, Oudtshoorn Courant, Langenhoven Gimnasium en Old Mutual.
Daar is drie trofeë en groot kontantpryse op die spel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444