Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444

Vicky tops by SA’s

$
0
0
Vicky Scheepers en haar motiveerder en afrigter Mike Lombard van Oudtshoorn wat vandeesweek albei by die SA Padfiets­rykampioenskap in Nelspruit uitblink.

Vicky Scheepers en haar motiveerder en afrigter Mike Lombard van Oudtshoorn wat vandeesweek albei by die SA Padfiets­rykampioenskap in Nelspruit uitblink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deur Liesel le Roux
OUDTSHOORN se Vicky Scheepers het Dinsdag en Woensdag gewys hoekom sy as een van Suid-Afrika se voorste gestremde padfietsryers beskou word toe sy die tydtoets en padwedren tydens die SA Padfietsrykampioenskap in Mmombela (Nelspruit) gewen het.
Vicky neem deel in die C5-klas vir fietsryers met ’n minimale gestremdheid. Sy het Dinsdag die 17,5 km-tydtoets in ’n tyd van 32,45 min voltooi. Woensdag was sy die eerste vrou en die sesde persoon algeheel oor die wenstreep in die padwedren.
Vicky is in 2012 as ’n gestremde sportvrou geklassifiseer weens beserings wat sy opgedoen het tydens ’n ernstige motorongeluk in 2002.
Die kampioenskap het Dinsdag afgeskop en eindig Sondag. Vicky, ’n majoor in die Oudtshoorn Infanterieskool, het verlede jaar ook die tydtoets en padwedren gewen, toe sy die eerste keer aan die kampioenskap deelgeneem het.
Sy het voor haar en Mike Lombard, ook van Oudts­hoorn, se vertrek na Nelspruit vertel dat sy en Mike, wat in die meesterafdeling vir fietsryers tussen 60 en 64 deelneem, die laaste tyd saam geoefen het en dat Mike se ervaring, kennis en motivering net was wat sy nodig gehad het om haar vir die SA kampioenskap voor te berei.
Mike, ’n gesoute fietsryer wat sedert 1990 kompeterend fietsry en al 12 keer aan die SA Padkampioenskap deelgeneem het, het self gister (Woens- ­dag) geskitter toe hy derde was in die tydtoets oor 23,5 km in 39 min. Hy neem Saterdag aan die padwedren oor 80 km deel.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5444