DIE premier van die Wes-Kaap, Helen Zille, sal vanjaar se 20ste Absa KKNK bywoon.
Zille het in haar hoedanigheid as premier ’n uitnodiging aanvaar om die fees by te woon. Sy sal op Donderdag, 4 April, tussen 09:00 tot 12:00 op ’n rondleiding van die feesterrein geneem word, die geleentheid kry om feesgangers te groet en die fees met sy 20ste verjaardag geluk wens by die kykNET-verhoog in die Rivierbuurt.