Quantcast
Channel: Die Hoorn
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434

Agt plase haal R18,3 milj

$
0
0

Deur Schalk le Roux

Voornemende kopers en ander belangstellendes, onder wie prominente lede van die Joodse gemeenskap, by die veiling waar agt plase onder die hamer gekom het.

Voornemende kopers en ander belangstellendes, onder wie prominente lede van die Joodse gemeenskap, by die veiling waar agt plase onder die hamer gekom het.

SEWE plase van die Monty Markus Familietrust, waaronder De Kombuys oos van die Kango Grotte-pad in die Oudtshoorn-distrik, het gister op ’n veiling R17,3 miljoen gehaal.

’n Aangrensende plaas, Groenfontein, wat aan Leon en Elize Vorster en hul seun, Willie, behoort, het R1miljoen gehaal op dieselfde veiling wat deur Van Rensburg Veilings by Wilgewandel aangebied is.

Die bod vir vyf van die Markus-plase en vir die Vorsters se plaas is toegeslaan op Piet Schoeman van die plaas Buffelsdrift net noordoos van Oudtshoorn.

Die bod vir die ander twee plase is onderskeidelik op Jeremy Augustyn van Oudtshoorn en Wessel Oosthuizen van Johannesburg toegeslaan.

Behalwe vir hul toerismewaarde, is die betrokke plase sover bekend van die waterrykste plase in die Oudtshoorn-distrik; indien nie die waterrykste nie.

Een van die plase is al sowat 75 jaar in die besit van die Monty Markus Familie-trust.

Larry Markus het by die veiling namens die trust gesê die trust het besluit om die De Kombuys-plase en Grootkraal op te veil omdat hy die enigste lid van die familie is wat nog boer en dat die trust sy boerdery-bedrywighede wil inkort.

Belangstellende kopers het nog tot Woensdag (26 Maart) om 12:00 tyd om ’n hoër aanbod op die plase te doen, wat deur Botha, Oosthuizen en Augustyn geëwenaar kan word.

Markus (namens die trust) en die Vorsters het dan tot volgende Vrydag (28 Maart) om enige van die botte te aanvaar of van die hand te wys.

• Die De Kombuys-plase is ryk aan geskiedenis. Die ontdekker van die Kango Grotte, Jacobus van Zyl, het op een van die De Kombuys-plase, gewoon. Van Zyl se oorspronklike huis was die eerste gastehuis in die distrik.

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5434